In gesprek met Marco van Niekerk - Safari Outdoor se pad na die grootste buitelughandelaar in Suid-Afrika

Stigter Tydskrif | Okt 2021 | Geskryf deur: Charl Oberholzer

Marco van Niekerk, voormalige direkteur van die JD Group, (waar hy as hoof- uitvoerende beampte van beide Incredible Connection en HiFi Corp opgetree het) is sedert 2015 die uitvoerende hoof van Outdoor Investment Holdings (OIH). OIH bestaan uit die handelsreus Safari Outdoor, grootmaatverskaffers Formalito en Inyathi, en die Family Pet Centre-groep. Saam word 60 jaar se handelservaring in Outdoor Investments vervat. Marco is in Namibië gebore en het in Noordwes groot geword. Hy het aan die Universiteit van Pretoria studeer en sy tande in die korporatiewe wêreld geslyp, waar hy veral in kleinhandel gespesialiseer het. Hy is getroud en het twee jong dogters. Marco het in gesprek met Stigter gesels oor die uitdagings in Suid-Afrika en wat Safari Outdoor die voorste buitelug- en jaghandelaar in Suid-Afrika maak.

Transportbesorging

Stigter Tydskrif | Okt 2021 | Geskryf deur: Henry Durrheim (Direkeur van OAK LAW)

Hetsy jy reeds ’n besigheidseienaar is of besig is om jou volgende groot idee te vorm, is ’n wegbreek dalk presies wat jy nodig het. Tyd weg van werk kan wonders doen; nie net vir sielsrus nie, maar kan ook juis jou besigheid in die langtermyn help groei! Om ’n wegbreek te vat of ’n paar dae tuis te bly, beteken jy het kans om weer die wêreld vanuit ’n ander perspektief te beleef. Besigheidsidees of idees vir innovering kom juis na vore wanneer jy jou blootstelling verbreed; wanneer twee idees wat nie relevant is nie, skielik sinkroniseer. Dit is in sulke tye waar jy weer oopkop genoeg is om nuwe idees te oorweeg. 

Leesstof vir die siel

Stigter Tydskrif | Okt 2021 | Geskryf deur: Charl Oberholzer

Hetsy jy reeds ’n besigheidseienaar is of besig is om jou volgende groot idee te vorm, is ’n wegbreek dalk presies wat jy nodig het. Tyd weg van werk kan wonders doen; nie net vir sielsrus nie, maar kan ook juis jou besigheid in die langtermyn help groei! Om ’n wegbreek te vat of ’n paar dae tuis te bly, beteken jy het kans om weer die wêreld vanuit ’n ander perspektief te beleef. Besigheidsidees of idees vir innovering kom juis na vore wanneer jy jou blootstelling verbreed; wanneer twee idees wat nie relevant is nie, skielik sinkroniseer. Dit is in sulke tye waar jy weer oopkop genoeg is om nuwe idees te oorweeg. 

Voorbereiding van jou besigheid vir verkoop

Stigter Tydskrif | Sep 2021 | Geskryf deur: Cape Business Bureau

Die verkoop van ’n besigheid is ’n baie stresvolle besluit en tydperk in enige besigheidseienaar se lewe. Deur die behoorlike voorbereiding vir die verkoop, kan hierdie tydperk tot verkoop en die meegaande stres aansienlik verminder word.

Ons sien daagliks verkopers wat onvoorbereid is vir die verkoop van hul besighede en selfs nie die basiese inligting oor hul besigheid geredelik beskikbaar het nie. Hou in gedagte dat ’n koper ’n ingeligte besluit moet kan neem of hy/sy in jou besigheid wil belê of nie. Die beskikbaarheid van die regte inligting en die skep van die beste moontlike indruk van jou besigheid is kardinaal tot die sukses tot die verkoop van ’n besigheid.

'n Werknetwerk is nou belangriker as ooit!

Stigter Tydskrif | Sep 2021 | Geskryf deur: Solidariteit

Die Covid-19-pandemie hou Suid-Afrika en die res van die wêreld reeds sedert Maart 2020 gyselaar. Die pandemie en ook die drakoniese maatreëls wat deur die Suid-Afrikaanse regering geïmplementeer is, het daartoe gelei dat derduisende Suid-Afrikaners geruk is deur werkloosheid en ʼn verlies aan inkomste.

Volgens die kwartaallikse arbeidsmarkopname (QLFS) wat deur Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) bekendgestel is, staan Suid-Afrika se werkloosheidsyfer tans op 32,6%. Die situasie is aansienlik meer desperaat vir jong werksoekers, en die data toon dat werkloosheid onder Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 34 jaar op 46,3% staan waarvan slegs 9,3% van hierdie jong werksoekers oor ʼn universiteitskwalifikasie beskik.

Intellektuele goedere en handelsmerke

Stigter Tydskrif | Sep 2021 | Geskryf deur: Gerda Bouwer

Wat is die waarde van handelsmerkbeskerming? Moet ek my besigheid se handelsmerk beskerm? Hierdie is algemene vrae. Die kort antwoord is: handelsmerkbeskerming het groot waarde en, ja, jy moet jou handelsmerk beskerm. Maar hoekom?

Wat is ’n handelsmerk?

Dit is eerstens belangrik om te verstaan wat ’n handelsmerk is. Die Wet op Handelsmerke, 1993 (Wetno. 194 van 1993) omskryf ’n “handelsmerk” as ’n merk wat gebruik word deur ’n persoon om sy goedere en/of dienste van dieselfde soort goedere en/of dienste van ’n ander in die handel te onderskei. ’n “Merk” word weer omskryf as enige teken wat grafies voorgestel kan word, en ook ’n devies, naam, handtekening, woord, letter, syfer, vorm, fatsoen, patroon, versiering, kleur of houer vir goedere insluit.

Begin só 'n besigheid terwyl jy werk!

Stigter Tydskrif | Aug 2021 | Geskryf deur: Charl Oberholzer 

Jim Rohn het gesê dat jy nie die rigting van die wind kan bepaal nie, maar wel die instelling van jou seil. Dit wat jy vandag doen, bepaal waar jy oor vyf jaar gaan wees. As jy nie in dieselfde finansiële posisie wil wees nie, moet dinge nie verander nie – jy moet verander. Dit verg dat jy meer aan jouself moet werk sodat jy by ’n ander eindbestemming kan aankom. Ons praat dikwels van alles wat ons sal doen as ons “skip eendag inkom”, maar vir ’n skip om deur onstuimige waters te vaar, kort jy bemanningslede wat doen wat hulle moet doen, ’n seil wat ingestel is op die eindbestemming, goeie veiligheidsmaatreëls en ’n skip wat gebou is om te hou...

Aandeelhouersooreenkoms, memorandum van inkorporasie en die maatskappywet

Stigter Tydskrif | Julie 2021 uitgawe | Geskryf deur: Owen Kriek (Besturende Direkteur van OAKLAW)

WAAROM IS DIT BELANGRIK OM JOU AANDEELHOUERSOOREENKOMS EN MAATSKAPPY SE MEMORANDUM VAN INKORPORASIE MET MEKAAR, EN MET DIE MAATSKAPPYEWET, TE BELYN?

Dit gebeur gereeld dat aandeelhouers in ’n maatskappy met mekaar ooreenkomste aangaan rakende sekere sake van die maatskappy. In die algemeen word hierdie ooreenkomste na verwys as aandeelhouersooreenkomste, en poog aandeelhouers om belangrike maatskappysake by wyse daarvan te reguleer. Hierdie sake sluit, byvoorbeeld,  minderheidsbeskerming, die samestelling van die maatskappy se direksie, die bestuur van aandeelhouer of direksievergaderings in.

Aandeelhouersooreenkomste is in die algemeen geoorloof, mits die terme daarvan konsekwent is met die terme van die Maatskappyewet en die maatskappy se Memorandum van Inkorporasie (MvI). Per artikel 15(7) van die Maatskappyewet is enige bepaling van ’n aandeelhouersooreenkoms wat strydig is met die Maatskappyewet of die maatskappy se MvI, nietig. So ook, ingevolge artikel 15(1) van die Maatskappyewet, is enige bepaling van ’n maatskappy se MvI wat strydig is met die Maatskappyewet, nietig.

Die belang van 'n uittreeplan vir jou besigheid

Stigter Tydskrif | Julie 2021 uitgawe | Geskryf deur: Cape Business Bureau

Hetsy jy ’n bestaande besigheidseienaar is of beplan om een te word, is behoorlike beplanning en die uitvoer van jou uittreeplan krities en behoort jou uittreeplan deel te vorm van jou besigheidsplan. Soos jou besigheidsplan, is ’n uittreeplan ’n lewende plan wat gereeld hersien en aangepas moet word na gelang van verandering in die besigheidsomgewing of jou persoonlike omstandighede. Eksterne faktore, soos die onlangse Covid 19-pandemie, het byvoorbeeld ’n massiewe impak op besighede en besigheidseienaars.

’n Besigheid se uittreeplan is die strategie en doelwitte vir wanneer en hoe ’n besigheidseienaar uit sy besigheid gaan tree, in ’n poging om die beste moontlike waarde te onttrek. Só ’n plan kan in twee dele verdeel word: die eerste is ’n strategie en die tweede ’n gebeurlikheidsplan. Dié strategie impliseer dat die eienaar beheer het oor die manier en tyd van uittrede en die gebeurlikheidsplan omskryf die stappe wat geneem word indien die eienaar sou sterf of ongeskik sou wees om die besigheid verder te bestuur.

’n Goeie uittreeplan behoort ook gebeure soos egskeiding, emigrasie, likwidasie en onoplosbare konflik tussen vennote in ’n besigheid aan te spreek. Dit verseker dat daar kontinuïteit in die besigheid is en skep sekerheid vir personeel, verskaffers en kliënte.

Verskeie wyses van uittrede is moontlik:

Tien e-handelsfeite waarvan jy moet weet

Stigter Tydskrif | Julie 2021 uitgawe | Geskryf deur: Dr. Liza-Mari Oberholzer
  1. Aanlyn verkope is besig om drasties toe te neem. Statista verwag dat sowat 2,14 miljard mense wêreldwyd in 2021 goedere en dienste aanlyn gaan koop.
  2. Van alle verkope wêreldwyd in 2019 was sowat 14% aanlyn verkope. In 2023 gaan dié verkope na sowat 23% toeneem.

Pallidus - 'n Opkomende belegginsbankwese-firma vir die toekoms

Stigter Tydskrif | Junie 2021 uitgawe | Geskryf deur: Charl Oberholzer

We Buy Cars, Atterbury, King Price en verskeie groot landboumaatskappye het een ding in gemeen – hulle almal roep Pallidus in as dit by groot besluite kom. Die Pallidus groep is nie net ’n beleggingsbankwese-firma wat in meer as R3 miljard se bates belê is nie, maar ook mede-eienaar van 4AX – die aandelebeurs wat een van die grootste monopolieë in Suid-Afrika, die JSE, uitdaag. In 2015 het ’n nuwe opkomende beleggingsbankwese-firma die lig gesien. Die stigters hiervan – Stephan van der Walt, JD Symington en Le Roux van Zyl – het met hul ondervinding in korporatiewe finansiering en hul innoverende en entrepreneuriese uitkyk op besigheid en hul vaste waardestelsel ’n tienjaarreis begin.. >>> kliek onder om verder te lees

Boekresensie: Dink soos 'n miljardêr

Stigter Tydskrif | Junie 2021 uitgawe | Geskryf deur: Danielle Kleyn

Daniel Strauss is ’n medevennoot van die beleggingsmaatskappy Stocks & Strauss. Hy belê in klein- en mediumgrootte ondernemings om hulle te help om vinniger te groei. Hy is ’n makro-optimis en ’n mikro-realis, wat passievol is daaroor om welvaart te bevorder en daarvan hou om die volle potensiaal van mense uit verskillende vlakke van die samelewing te ontsluit. Daniel het ’n B.Eng. (Bedryfsingenieurswese) en MBA aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Hy is getroud met die voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss. Dink soos ’n miljardêr is sy eerste boek.

Hooflesse uit die boek

Wees voorbereid en dink vooruit 

Daniel en Rolene het die beginsels wat in Dink soos ’n miljardêr vervat is, ook gebruik om Rolene voor te berei vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie. Hulle het gekyk wie die vorige jare se beoordelaars was en op grond daarvan probeer vasstel wie moontlik in die toekoms ’n beoordelaar sou wees. Daarna het hulle die eienskappe nagevors wat hierdie beoordelaars moontlik in Mej. Suid-Afrika sal soek en Rolene het daaraan gewerk om hierdie eienskappe te ontwikkel. Die les? Doen navorsing en wees voorbereid. Daar word ook voorgestel dat entrepreneurs by die einde begin – met ander woorde, dat hulle besluit wat hulle aan die einde wil bereik. Hulle kan dan bepaal watter stappe nodig is om by die einddoel uit te kom. >>> kliek onder om verder te lees

In gesprek met Marius Botha - aYo Holdings

Stigter Tydskrif | Mei 2021 uitgawe | Geskryf deur: Charl Oberholzer

“Jy kan nie die lengte of breedte van jou lewe bepaal nie, maar wel die diepte en perspektief.”

Marius Botha is die voormalige besturende direkteur van Stangen-lewensversekeringsmaatskappy en nou die globale hoof van aYo Holdings (’n MTN-filiaal), wat binnekort die grootste mikroversekeringsplatform in Afrika kan wees. Stigter gesels in dié eksklusiewe onderhoud met Marius oor sy lewensverhaal, besigheid doen in Afrika, en of hy ooit sal emigreer.

Marius is ’n stadsjapie van Roodepoort en, in sy eie woorde, het hy in Stellenbosch ’n volwassene gaan raak. Nadat hy as aktuaris gekwalifiseer het, het hy by Old Mutual begin werk. Sy eerste groot deurbraak was toe hy op 28 as die lewensversekeringshoof van die herversekeringsmaatskappy, Munich Re of Africa, aangestel is, wat spesifiek nisprodukte en -dienste aan versekeringsmaatskappye in Afrika lewer. “My seun is toe in 2011 gebore. Die gereelde reis vir besigheid op die kontinent het uitdagend geraak en ek het toe ’n geleentheid by African Bank gekry,” sê Marius. “Daar het ek hulle bankversekeringstrategie uitgerol, maar die tydsberekening was sleg. African Bank het binne maande van my aanstelling in September 2014 onder kuratorskap gegaan. >>> kliek onder om verder te lees

Facebook algoritme: Gee jou Facebook-bemarking 'n hupstoot

Stigter Tydskrif | Mei 2021 uitgawe | Geskryf deur: Lienkie Coetzee

“Waarom word my Facebook-plasings nie gesien nie? Hoe gemaak om my advertensies meer blootstelling by die korrekte teikenmark te gee?” Die oorsaak van al hierdie uitdagings: Die algoritme …

Wat is die Facebook-algoritme?

Facebook se algoritme besluit watter plasings verbruikers op hul Facebook-nuusvoerblaai sien, asook in watter volgorde dié plasings verskyn. Daar is egter nie net een algoritme nie, maar eerder meervoudige lae masjienleermodelle wat gebou is om te voorspel watter plasings op die langtermyn die waardevolste vir ’n individu sal wees. Met ander woorde, in plaas daarvan om elke beskikbare plasing in kronologiese volgorde aan te bied, evalueer die algoritme elke plasing en rangskik dit dan in dalende volgorde van belangstelling vir elke individuele verbruiker. Een van die algoritme se doelstellings is om verbruikers te laat aanhou blaai om sodoende meer advertensies te sien.

Hoe werk dit?

● Facebook neem die plasings wat beskikbaar is in die netwerk van die verbruiker en rangskik dit dan volgens ’n voorafbepaalde rangorde. (Die soort plasing, is dit onlangs geplaas, hoeveel interaksie dit lok, ens.)

● Die algoritme “gooi plasings weg” wat volgens verbruikers se vorige gedrag toon dat hulle nie daarin sal belangstel nie. Inhoud wat verbruikers nie graag wil sien nie word outomaties laer gelys. Hierdie inhoud is onder meer “clickbait”, vals inligting, of inhoud wat in die verlede geen interaksie gekry het nie.

● Dit bestuur dan ’n “kragtiger neurale netwerk” oor oorblywende plasings om dit op ’n persoonlike manier te beoordeel en te rangskik volgens waarde, plasings wat meer geneig is om bv. ’n hart-reaksie in stede van ’n “like” te kry, sal meer waardevol geag word. Plasings wat meer kommentaar het, word ook as meer waardevol gesien.

● Ten slotte is dit ’n mooi deursnit van mediasoorte en -bronne, wat beteken dat verbruikers ’n interessante verskeidenheid plasings het om deur te blaai.

Die vier seine van Facebook-algoritme wat bepaal hoe waardevol ’n plasing geag word: >>> kliek onder om verder te lees

ONTEIENING: VAN INSTRUMENT TOT DIE LAT WAT ALMAL GAAN SLAAN

Stigter Tydskrif | April 2021 uitgawe | Geskryf deur: Moira-Marie Klopper - SAKELIGA

Onteiening word nêrens in die demokratiese wêreld as ’n vorm van straf beskou nie. Sedert die Grondwet van Suid-Afrika in die negentigerjare aangeneem is, was dit ook hier die geval. Tot nou toe.

Benewens die veelvuldige kommerwekkende bepalings in die nuwe Onteieningswetsontwerp wat op 9 Oktober 2020 gepubliseer is, is dit duidelik dat die regering ’n heeltemal nuwe konseptualisering van onteiening aanvaar het.

“Onteiening word nie meer beskou as ’n verskriklike ongerief waarvoor onberispelike eienaars vergoed moet word nie, maar eerder as ’n kru beleidsinstrument wat die regering selfs kan gebruik om Suid-Afrikaners selektief te straf,” meen Martin van Staden, regsgenoot by Sakeliga. Hy beklemtoon dat hierdie konseptualisering heeltemal onversoenbaar is met ons grondwetlike demokrasie.

Onder Sakeliga se uitgebreide kommentaar oor die omstrede wetsontwerp, sê die sakeorganisasie dat die oogmerk van die Onteieningswetsontwerp, dat die regering privaat eiendom kan onteien, streng beperk en duidelik omskryf moet word. Die wetsontwerp moet eiendomsreg eerbiedig en staatsmag
beperk..... >>> kliek onder om verder te lees

Drie boeke vir 2021 se leeslys

Stigter Tydskrif | April 2021 uitgawe | Geskryf deur: Charl Oberholzer

Elke groot maatskappy of organisasie begaan êrens in hul bestaan ’n voetfout. Alle maatskappye kan ten gronde gaan, maar die kernvraag is: Hoe weet jy of jy op die punt van ondergang is? En dan: Hoe kan jy dinge omkeer, indien nodig? Ná vier jaar se navorsing het Jim Collins tot ’n gevolgtrekking gekom dat die meeste groot maatskappye deur vyf fases van afname gaan, wat verhoed kan word mits jy dit vroeg genoeg raaksien. Dié boek gee ’n opsomming van die vyf fases van afname, hoe om dit te identifiseer en te verhoed, en hoe om ’n maatskappy – wat al die rooi ligte wys – om te draai.... >>> kliek onder om verder te lees

In gesprek met Converge Solutions: Kunsmatige Intelligensie en groot data

Stigter Tydskrif | Maart 2021 uitgawe | Geskryf deur: Charl Oberholzer

In 2020 is Converge Solutions deur Start-up City as een van Afrika se toptien- klein besighede aangewys. Converge gebruik tegnologie soos kunsmatige intelligensie (KI), masjienleer (machine learning) en neurale netwerke om IT-oplossings vir veral die finansiële-, gesondheid- en vervaardigingsindustrieë te skep. Waar prosesse geoutomatiseer of groot data in praktiese inligting verwerk moet word, daar is Converge Solutions.

Converge Solutions se begin

“Om ’n IT-start-up te begin, waar 98% van soortgelyke maatskappye binne vyf jaar vou, is nie maklik nie – veral nie in die huidige wêreldkonteks nie,” sê Johann Joubert, hoof- uitvoerende beampte van Converge Solutions. Converge is in 2017 deur Johann Joubert, Jaco Cromhout en Kobus van der Merwe begin ná jare lange frustrasie en korporatiewe rompslomp. “Ons wou ’n direkte impak maak in die industrieë waarin ons werk,” sê Johann... >>> kliek onder om verder te lees

5 Vyf Inspirerende entrepreneurs 

Stigter Tydskrif | Maart 2021 uitgawe | Geskryf deur: Lienkie Coetzee

“My grootste motivering? Net om myself aan te hou uitdaag. Ek sien die lewe amper soos een lang universiteitsopleiding wat ek nooit gehad het nie – ek leer elke dag iets nuut.” – Richard Branson


1. John Paul DeJoria

DeJoria word beskou as ’n selfgemaakte entrepreneur en is veral bekend vir die haarprodukreeks Paul Mitchell. DeJoria se loopbaan het begin as trokdrywer en hy het ook onder meer deur-tot-deurverkope gedoen om aan die lewe te bly. Alhoewel hy by sy eerste werk in die haarsorgbedryf afgedank is, het hy aanhou probeer om deur die mark te breek en het uiteindelik in 1980 in samewerking met haarkapper Paul Mitchell die reeks ‘John Paul Mitchell Systems’ gestig met ’n skamele lening van slegs $700.

2. Jan Koum

Te danke aan Jan Koum, ’n Oekraïense emigrant wat in die VSA gevestig het, is kommunikasie deesdae veel makliker as in die verlede. Nadat Koum sy eerste slimfoon gekoop het, het hy aan die blink idee gedink om verbruikers in staat te stel om boodskappe via die internet te stuur, ongeag in watter land hulle is. Hy het in 2009 die kommunikasietoep WhatsApp gestig en bekendgestel. Koum het in 1997 as infrastruktuuringenieur vir Yahoo gewerk en sy kennis van die tegnologiebedryf het hom gehelp om uiteindelik WhatsApp uit te rol. Facebook het WhatsApp onlangs vir ’n verbysterende $19 miljard gekoop.

3. Steve Jobs

Die stigter van Apple, en moontlik die mees innoverende leier van die 21ste eeu, het nie sy universiteitsgraad behaal nie. Apple is uit Jobs se ouers se motorhuis gestig, sonder die enorme waagkapitaal waaraan ondernemings deesdae gewoond is. Wat vroeër ’n klein tuisbedryf was, is nou ’n besigheid van sowat $320 miljard...>>> kliek onder om verder te lees

Volhoubaarheid en post-Covid scenarios

Geskryf deur: Henning Viljoen (Korporatiewe volhoubaarheidsadviseur van HV Promotions)

Daar is veral die afgelope twee dekades ’n hoë premie geplaas op die beginsel van volhoubaarheid. Dié beginsel word tradisioneel beskou binne die konteks van die mens, die natuur en die “regering”. Die Covid-19-pan(iek)demie het die wêreld tot stilstand gedwing en mense is ook skielik bewus van die belangrikheid van ’n gesonde omgewing. Om ’n gesonde omgewing te bewerkstellig sal volhoubaarheid ’n al groter rol moet speel.

Gaan die globale ekonomiese ineenstorting weens die pandemie en leefstylaanpassings ’n klemverskuiwing in die volhoubaarheid-idee bewerkstellig? In ’n Ipsos-opname het 66% van wêreldwye respondente aangedui hulle sal ’n “groen ekonomiese herstel” post-Covid ondersteun. Ekoloë meen onvolhoubare natuur-bestuurspraktyke soos ontbossing en die uitwissing van biodiversiteit, die handel in wilde diere en plante, het gelei tot die versteuring van biologiese interaksies tussen mens en dier.

Daar is twee moontlike post-Covid-scenarios:

Eerstens is ’n totale volhoubare bestuursverstelling – die druk van die “herstel”-knoppie wat mens, natuur, bestuur en nalatenskap betref. Die menslike dimensie is te sien in die toename van aanlynonderrig oor landsgrense heen. Daar sal wegbeweeg word van ’n “weggooi-leefstyl” met ’n hernieude kyk na plastiek en die impak daarvan op die omgewing. Gesondheidsorg en biosekuriteit sal groter prioriteit geniet, met meer klem op persoonlike gesondheid, wat sal lei tot die verbetering van mediese infrastruktuur – veral gegewe die voorspelling van nóg pandemies. Wetgewing wat gesondheid en veiligheid betref sal strenger toegepas word. Menseregte en maatskaplike toestande gaan groter vraagstukke word, met toenemende druk op regerings om ’n wêreldbevolking wat al armer word met toelaes te ondersteun. Dit kan meer en meer mense afhanklik maak van die staat. Wêreldhandel in fauna en flora sal baie strenger toegepas word en “groen misdaad” behoort ’n globale prioriteit te word, met meer mense wat deur die pandemie gedwing is om bewus te word van die natuur en die mens se uitwerking daarop.

Aanduidings is daar dat lande te midde van die pandemie groter sentiment gaan hê vir anti-globalisasie, met ’n opbloei van neo-nasionalisme en die beskerming van goed en ’n gepaardgaande strewe na onafhanklikheid. Die idee van die globale dorpie verloor steun in ’n Covid-wêreld.

’n Tweede moontlikheid is dat volhoubaarheid in ’n post-pandemie wêreld eenvoudig op ’n waglys geplaas gaan word. Wat presies daardie ontwykende “nuwe normaal” gaan wees, is onduidelik. Maar ons moet hoop die druk van die “herstel”- knoppie beteken nie ’n fokus op oorproduksie en oorverhaling om verliese van die inperkings in te haal nie. ’n “Ou normaal” – waarin ons eintlik teruggaan in die toekoms – kan dalk ons voorland wees, met die doelbewuste ignorering van omgewingsregulasies, ook deur regerings. Omdat die pandemie mense se mees basiese lewensmiddele bedreig, gaan pogings om klimaatsverandering te stuit ’n weelde word wat nie langer geprioritiseer of befonds sal word nie. Dit alles kan die doelwitte wat die afgelope 20 jaar by die COP-klimaatsberade gestel en nagejaag is, ongedaan maak.

Vir verdere navrae kontak HV Promotions by: henning@hvpromo.co.za

Beleggingsgeleentheid: Uberskillz

Stigter Tydskrif | Februarie 2021 uitgawe | Aktueel

Tegnologie word wyd aanvaar as ‘n meningvormer van die Vierde Industriële Rewolusie (4IR) vir besighede om hulle produkte en dienste aan te bied. Hierdie word beskou as die era waarin tegnologie en innovasie saamspan om beide die plaaslike en wêreldwye ekonomieë te stimuleer. UberSkillz bestaan uit twee bekroonde, innoverende super-toeps wat besighede met voornemende klante in hulle omgewing deur middel van GPS-gedrewe telefoontoeps verbind. Dié toeps staan onderskeidelik bekend as SkillzTrader (sake-eienaars) en Skillz-
Finder (klante op soek na produkte en dienste in hulle onmiddellike om-
gewing).

“Sedert die ontstaan van die Skillz-Finder en SkillzTrader supertoeps het ons ‘n beduidende groei in die vraag na hierdie besigheidsnetwerke ervaar. In Desember 2020 is meer as tienduisend SkillzFinder-toeps afgelaai wat die totale voornemende kopers tot meer as vyftigduisend verhoog het, met ‘n verdere duisend-plus nuwe besigheids-inskrywings op die SkillzTrader-platform.

Die besluit om kort- en langtermyn beleggingsgeleenthede in Uberskillz
aan te bied het ‘n groot vraag na sulke geleenthede tot gevolg, en sedert die bekendstelling daarvan in November 2020 is 60% van die benodigde kapitaal reeds deur beleggers opgeneem”, sê Corne Kooiman, hoof-uitvoerende beampte.

Werk jy van die huis af? Eis só terug van belasting

Stigter Tydskrif | Februarie 2021 uitgawe | Geskryf deur: Charlize Steyn

Te midde van die wêreldwye pandemie het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) voorts onlangs aangekondig dat werknemers wat tuis werk die koste van tuiskantooruitgawes en belastingaftrekkings kan eis. Dít aangesien ’n aantal groot Suid-Afrikaanse ondernemings hul werknemers in kennis gestel het dat hulle tot ten minste Augustus 2021 van die huis af sal werk gedurende die wêreldwye koronaviruspandemie. Om tuis te werk, is nie net tot voordeel van ondernemingsuitgawes soos water- en elektrisiteits-besparing of huuruitgawes nie, maar dit lei ook tot verbeterde produktiwiteit en tevredenheid van werknemers.

As jy ’n onafhanklike kontrakteur, iemand wat kommissie verdien of ’n voltydse werknemer is wat van die huis af werk, kom jy in aanmerking om moontlik belasting terug te eis op jou kantooruitgawes as jy vir lang tydperke daar gewerk het. Volgens die Inkomstebelastingswet moet jy kan bewys dat jou werksruimte tuis aan die volgende vereistes voldoen om as ’n “tuiskantoor” beskou te word:

10-Stap plan vir 2021

Stigter Tydskrif | Januarie 2021 uitgawe | Entrepreneurskap

Aan die begin van ’n nuwe jaar is dit uiters belangrik om finansiële beplanning vir die jaar te doen - en die goeie nuus is, dat wanneer jy dit reg doen, dit werklik vrugte oplewer. Met ’n bietjie beplanning kan jy seker maak dat 2021 jou beste finansiële jaar nog is! Hier is jou 2021 10-stap plan.


1.) Belê in jouself

Om in jou eie ontwikkeling te belê is soos om finansiëel te belê - hoe vinniger jy begin hoe beter in die langtermyn. ’n Groot voordeel van tyd spandeer aan selfontwikkeling is dat dit nie noodwendig iets hoef te kos nie. Lees blogs oor beleggings, leierskap, gesondheid ensovoorts om jouself te leer om ’n meer volronde persoon te wees. Indien jy kies om meer formele ontwikkeling te doen kan jy altyd vir ’n kursus inskryf of op ’n aanlyn-platform nuwe vaardighede leer. 


2) Stel ’n begroting op

Leer om in jou persoonlike lewe ’n maandelikse begroting op te stel. ’n Begroting help jou om ’n plan op te stel van hoe en waaraan jy jou geld gaan spandeer en verseker dat jy genoeg geld gaan hê om die dinge te doen wat belangrik is vir jou. ’n Effektiewe begroting sal jou ook help om uit die skuld te bly, of om jou skuld af te betaal indien jy ’n goeie finansiële plan volg.

Stel in 4 eenvoudige stappe jou begroting op:

Die wêreldwye eiendomsmark - hoe Covid-19 geleenthede skep

Stigter Tydskrif | Desember 2020 uitgawe | Belegging

Die globale inperking in reaksie op Covid-19 het massiewe effekte op eiendomsmarkte wêreldwyd. In die langtermyn gaan eiendom in groot stede soos Parys en London altyd goed verkoop en gaan die ekonomiese effekte van die inperking kortstondig wees. In Parys byvoorbeeld, het pryse voor die inperking die hoogte ingeskiet, grootliks weens die effekte van Brexit wat die vraag na behuising onder werknemers in die finansiële industrie. Parys se eiendomsmark is toonaangewend vir wat tans in die res van die wêreld in groter stede plaasvind. Eiendom in groot stede se waarde behoort relatief stabiel te bly, en indien nie, behoort die waarde vinnig te herstel na voor-Covid-19 pryse. 

Die effekte op vakansie eiendom gaan egter veel groter wees. In die korttermyn voorsien die meerderheid kenners dat dié deel van die mark in duie gaan stort weens ’n drastiese vermindering in internasionale reis. Volgens verwagting sal die gedeelte van die eiendomsmark herstel, maar geleidelik soos wat internasionale reis begin toeneem en sommige kenners meen dit kan tussen vyf en tien jaar neem voordat die eiendom die pryse weer behaal wat hulle voor Covid-19 behaal het. Dit skep natuurlik geleentheid vir mense wat graag in die eiendomsmark wil belê - mits hulle geld het daarvoor natuurlik. Die belangrikste besluit sal egter wees dat jy eiendom koop waar jy graag tyd wil spandeer - nie bloot vir finansiële groei nie, omdat dit in die volgende tien jaar moontlik beperk kan wees. Dit kan die nóú die beste tyd wees om in eiendom oorsee te belê sedert die 2008/2009 ekonomiese inkrimping....

 

15 Unieke besigheidsidees 

Unieke besighede doen soms uitstekend omdat hulle ’n nismark dien wat inkoop in die uniekheid van die idee. Die besighede bewys dat dit nie altyd nodig is om ’n massiewe mark te bedien om ’n suksesvolle besigheid te bedryf nie - inteendeel. Solank jou mark lojaal aan jou unieke produk of idee is kan dit suksesvol wees. Hier is ’n paar maatskappye wat dié feit waar bewys:

 

1. Kat Kafee

’n Kat Kafee is ’n koffiewinkel waar kliënte kan uitspan met ’n drankie en speel met ’n klomp katte wat in die kafee woon. Die konsep is reeds vir jare baie populêr in lande soos Japan en Taiwan. In 2014 het die eerste van die tipe koffiewinkels in Montreal oopgemaak en die konsep het sedertdien oor Noord Amerika versprei.  Kat kafees kom reg oor die wêreld voor en hulle  kom voor in lande soos Romenië, België en Skotland.

 

2) Luis verwydering
Praat met enige laerskoolkind se ouer en hulle sal sê luise is ’n nagmerrie. Dit is soveel van ’n probleem vir ouers dat een maatskappy in Amerika besluit het om ’n luis-verwydering diens te begin. The Lice Place in Teksas het vier kantore en twee franchises wat luise verwyder. 

3) Huur-’n-koei
Die idee het in Switserland sy oorsprong toe boere begin het om hulle koeie uit te huur aan toeriste en stadsbewoners. Die boere versorg die koeie en hul huurders ontvang in ruil die melk en kaas wat die koeie oplewer. Huurders kan ook van die werk op die plaas doen en kies om te oornag op die plase waar hul koeie gehuisves word. Die aanvraag is glo so groot dat baie boere oorweeg om hulle kudde te vergroot of net gedeeltes van hul koeie te ‘verhuur’. 

 

4) Vegan Vleis en Suiwel
Die Suid-Afrikaanse maatskappy, Fry’s, is bekend vir hulle vegan kosse en word tans in sowat 8000 winkels in 30 verskillende lande verkoop. Die maatskappy se sukses was egter nie oornag nie - hulle bestaan immers al sowat dertig jaar. Maar, met ’n toename in die deel van die bevolking wat kies om veganisties te eet, het hulle markaandeel drasties gegroei. Die mark vir vegan produkte is egter nie beperk tot items wat soortgelyk is aan vleis nie maar daar is in die onlangse paar jaar ’n groei in suiwelprodukte vir vegan-eters wat room, jogurt, kaas en selfs roomys insluit. 

 

5) Spek op die spyskaart
J&D’s is ’n voedsel maatskappy gebasseer in Amerika wat ’n verskeidenheid produkte produseer. Hulle reeks strek vanaf mayonnaise to springmielies en al hulle produkte het een ding in gemeen - dit proe soos spek. Die maatskappy is aanvanklik in 2007 begin deur twee vriende wat beide mal is oor spek. Hulle fokus was aan die begin net op kosprodukte maar hulle het onlangs uitgebrei na spek-geur lipsalf en wat hulle noem Mmmvelopes (spek-geur koeverte). 

 

15 Besigheidsboeke wat jou 'n beter entrepreneur sal maak

 

1) All In deur Bill Green

Bill Green se boek handel oor hoe jy as kleinskaalse entrepreneur jou besigheid kan groei vanaf ’n vlooimark-opperasie tot ’n besigheid met ’n omset van meer as 1.8 biljoen dollar. Die boek bevat ’n reeks lesse wat hy oor die afgelope 40 jaar geleer het en is prop-vol praktiese stappe wat jy kan volg.

 

2) The Innovator’s Dilemma deur Clayton M. Christensen
Christensen kyk hoe suksesvolle besighede op die eerste oog-opslag alles “reg” kan doen maar steeds markaandeel kan verloor en selfs faal wanneer die kompetisie die mark oorneem. Die boek bevat historiese lesse waaruit besigheidseienaars kan leer om die sukses van hulle besigheid aan te hou verseker. 

 

3) Good to Great deur Jim Collins
Collins probeer die vraag beantwoord van hoe goeie organisasies uitstekend word oor tyd. Die boek is gebasseer op in-diepte navorsing deur ’n span van 21 navorsers wat die top 500 besighede in Amerika bestudeer het. Hulle bevindings dien as gevallestudies waaruit Collins verskeie afleidings maak wat entrepreneurs kan help om seker te maak dat hulle besigheid die kompetisie uitstof. 

 

4) The 7 Habits of Highly Effective People deur Stephen R. Covey
Baie entrepreneurs stel die boek voor as ’n handleiding wat elke jaar van voor af gelees behoort te word. In die boek gee Covey advies aan aspirant leiers wat ’n voorbeeld aan hulle werksmag wil stel en hulleself wil verbeter om sodoende beter leiers te word. 

 

5) The Power of Habit deur Charles Duhigg
Die boek handel oor wat dit vat om ’n gewoonte te bou en watter effek ons daaglikse gewoontes op ons as mens het. Volgens Duhigg se navorsing het ons gewoontes ’n veel groter invloed op ons daaglikse geluk, produktiwiteit en verhoudings as wat ons mag dink. Vir entrepreneurs kyk die boek na hoe maatskappye gewoontes kan gebruik om te beïnvloed wat en wanneer verbruikers iets koop. 

 

6) Tribes deur Seth Godin
In die boek deur die bekende skrywer Seth Godin, kyk hy na hoe mense in sosiale eenhede organiseer in wat hy ‘n ‘stam’ noem. Die groep mense deel gewoonlik ’n oortuiging of leier en werk saam om die samelewing te verander. Die boek wys ook hoe mens die internet kan gebruik om jou eie ‘stam’ te skep. 

 

7) To sell is Human deur Daniel Pink
Dit is essensieël vir alle entrepreneurs om te weet hoe om verkope te doen - selfs al sien jy nie jouself as ’n natuurlike verkoopspersoon nie. Die boek breek die stigmas rondom ’n verkoopspersoon af en wys die leser eenvoudige wyses hoe om ander oor te haal. 

 

8) How to Win Friends and Influence People deur Dale Carnegie
Die boek is een van die mees populêre besigheidsboeke van alle tye en wys die leser hoe om hom/haarself te ontwikkel. Carnegie wys waarom dit belangrik is hoe ons optree in die werksplek - juis omdat mense besigheid wil doen met mense wat hulle as hul vriende beskou. 

 

9) Profit First: A Simple System to Transform any Business from a Cash-Eating Monster to a Money-Making Machine deur Mike Michalowicz
Die boek verskaf ’n praktiese gids oor hoe klein besigheids-eienaars te werk kan gaan om beheer te neem oor die geldsake van hulle besigheid en dit aan te wend om hulle besigheid te groei. Die uiteindelike doel van die boek is om entrepreneurs te help om dieselfde resultate in hulle besigheid te kry met minder kapitaal-uitset. 

 

10) Getting Things Done: The Art of Stress-Free Productivity deur David Allen
Hierdie boek was ’n top-verkoper in Silicon Valley in Amerika en handel oor hoe jy kan verseker dat jy aan die regte dinge op die regte tyd werk. Die boek help veral vir mense wat verskeie projekte gelyk moet hanteer en stel onder meer voor dat oorweldigde entrepreneurs een maal per week hulle prioriteite moet hersien om seker te maak dat hulle aandag spandeer aan die mees belangrike items op hulle agenda. 

 

11) The Lean Startup deur Eric Ries
Een van die grootste foute wat nuwe entrepreneurs maak is om hulle idees onafhanklik te begin ontwikkel en eers na maande of selfs jare hulle idee aan ander bekend te maak, net om uit te vind dat hulle idee nie gaan werk nie. In die boek stel Ries voor dat entrepreneurs eerder meer interaktief met hulle besighede te werk moet gaan en hulle idee van die begin af toets om so seker te maak dat hulle leer soos hulle gaan.

 

12) Think and Grow Rich deur Napoleon Hill
Die boek deur Hill is ’n samestelling van die lesse wat die wêreld se grootste denkers en skeppers geleer het in maklik-verwerkbare hoofstukke. Die boek, wat reeds in 1937 geskryf is, is steeds vandag relevant vir almal wat suksesvol wil word. 

 

13) The 4-Hour Work Week deur Tim Ferris
Die boek gaan ietwat teen die algemene idee dat jou hoeveelheid inset gelyk is aan jou hoeveelheid uitset. Ferris gee die leser verskeie ‘kortpaaie’ om jou entrepreneuriese droom ’n werklikheid te maak en help die leser om hulle ‘groot idee’ mark toe te vat op ’n praktiese manier wat dit vir elke mens ’n moontlikheid maak. 

 

14) The E Myths Revisited: Why Most Small Businesses Don’t Work and What to Do About It deur Micheal E. Gerber
Ten spyte van wat jy mag dink nadat jy die titel gelees het, gaan die boek nie oor hoe om ’n aanlynbesigheid te bedryf nie. Die boek handel oor hoe entrepreneurs ‘n besigheid so kan opstel dat hulle nie konstant in die bedryf van die besigheid betrokke hoef te wees nie. 

 

15) The Effective Executive: The Definitive Guide to Getting the Right Things Done deur Peter F. Drucker
Die boek is reeds in 1966 gepubliseer maar bly steed relevant vir mense wat besig is en meer moet bereik. Die boek is vol maniere om te leer delegeer aan ander en beter bestuur toe te pas. Die boek werk ook goed saammet Drucker se nuwer boek wat in 2008 gepubliseer is onder die titel Managing Oneself.
Stigter