Wat is STIGTER? STIGTER is 'n Afrikaanse entrepreneurs-tydskrif wat daar is om jóú te help om 'n beter leier, entrepreneur en bestuurder te wees. Elke uitgawe is sowat 34 bladsye vol artikels wat handel oor finansies, leierskap en bemarking. STIGTER vertel die stories en lesse van suksesvolle Suid-Afrikaanse entrepreneurs. Teken nou in vir R34,50 per maand en maak 'n belegging in jouself!
In uitgawe 23 loer ons weer na ’n diverse reeks artikels wat jou gids tot ’n groeiende besigheid is. Leer oor hoe jy die winste en verliese van jou besigheid kan bepaal, asook hoe jy te werk moet gaan om jou grootmaatverkoopprys te bepaal. Vind uit hoe jy ook deel kan word van die “ervaringsekonomie”. Ons leer by Leandie du Randt ook meer oor entrepreneurskap en vind uit wat 20 van die mees winsgewende kleinbesighede is.
|
Elke uitgawe is propvol artikels oor bemarking, leierskap, tegnologie, finansies, selfontwikkeling, entrepreneurskap, boeke en blogs, sosiale media & e-handel. Elke uitgawe van Stigter het ook 'n gratis aflaaibare templaat wat jou in jou besigheid sal help. As jy inteken op Stigter sal jy ook genooi word na gratis werkswinkels, spesiale aanbiedinge ontvang en advies oor hoe om jou besigheid en leierskap te groei. |